Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
In hierdie drama word die leser/gehoor gekonfronteer met die gevolge van keuses waarmee bykans alle Suid-Afrikaners kan identifiseer: kwessies soos emigrasie, die behoud van bande met die geboorteland, nagevolge van die Angolese bosoorlog, moorde op bejaardes en sosiale onsekerhede as gevolg van kriminele geweld. Hiermee gee Opperman dramaties gestalte aan die gedagte dat die persoonlike dikwels ’n politieke strekking het. Ook ander verwysingsraamwerke tree na vore, waaronder die invloed van die geskiedenis en die soeke na identiteit.
Vyfmylpaal bevat vyf van Deon Opperman se suksesvolste Afrikaanse dramas: "Boesman, my seun", "Magspel", "Donkerland", "Stille nag" en "More is ’n lang dag". Hoewel die laaste drie reeds vroeer gepubliseer is (in 1996, 1990 en 1986 onderskeidelik), is dit die eerste keer dat "Boesman, my seun" en "Magspel" in drukvorm verskyn. Deon Opperman, reeds sedert 1984 aktief in die bedryf, is een van die produktiefste dramaturge in Suid-Afrika, met meer as 40 verhoogstukke op sy kerfstok. 'n Eugene Marais-prys en 'n Hertzogprys-benoeming is maar twee van die vele veertjies in sy hoed. Hy is ook die stigter van AFDA (The South African School of Motion Picture and Live Performance).
Aantrekkingskrag is 'n kosmiese wet wat sowel vir hemelligame as vir mense geld. Deon Opperman buit hierdie volgehoue metafoor op 'n verbluffende wyse uit in 'n meesleurende drama oor die liefde. Vyf mense word een laatnag, ná 'n opvoering van Hamlet, gekonfronteer met hulle bestaan en verraad teenoor mekaar. Die wêrelde van die wetenskap en die kuns word aanvanklik met mekaar gekontrasteer, maar ten slotte versoen in die volgende insig: 'Religie is so onwetenskaplik, maar elke religie op aarde het tot die besef gekom: God is liefde. Liefde - alomteenwoordig soos die aantrekkingskrag tussen alles in die heelal, so onkenbaar soos 'n atoom, en so seker soos die spoed van lig.'
Een plaas. Een familie. Een bloedlyn. Sewe geslagte. In 1838 vlug Pieter de Witt uit die Oos-Kaap na Natal om ná maande van uiterste ontbering op die walle van die Tugelarivier ’n hoekpaal in te kap en sy plaas af te tree. Hy noem die plaas Donkerland. Dit is hier waar sewe geslagte De Witts die wel en wee van ’n ontluikende volk beleef: die Groot Trek, die stryd teen die Zoeloes, die Anglo-Boereoorlog, Groot Depressie, 1948-verkiesing, Grensoorlog, Soweto-opstande en die oorgang tot ’n demokratiese Suid-Afrika. Vir honderd agt-en-vyftig jaar leef die De Witts die triomf en die smaad van die geskiedenis op ’n enkele stuk grond uit; ná sewe geslagte begin dit deurskemer wat dit beteken om in hierdie aarde ’n hoekpaal in te slaan en ’n plaas af te tree. Donkerland is die eerste aflewering in Deon Opperman se Afrikaner-trilogie.
Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In die reeks kyk hy na die uitwerking van 'n veranderende samelewing op een familie – die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Cilliers (Marius Weyers het die rol vertolk), hoof van African Queen, 'n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Na sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter. Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding – en die herstel van hul geloof. As teenwig vir die emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook ‘n tienerliefde wat blom en ‘n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Cilliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.
|
You may like...
|